Petitions.nz

EFREK260

A Anri Nel · ZA

Ons as die EFREK260-studente wil graag ons ernstige ongelukkigheid uitspreek oor die huidige standaard en benadering van hierdie module. Ons ervaar dat die vereistes om die module suksesvol te voltooi onredelik streng toegepas word, veral met betrekking tot Hoofassessering 1.

Die tydsbeperking van 90 minute, tesame met 10 minute vir die oplaai van antwoorde, was onvoldoende vir die omvang van die vier vrae wat voltooi moes word. Dit het daartoe gelei dat baie studente nie die assessering betyds kon voltooi nie, wat veroorsaak het dat baie punte verloor is.

Verder was daar verskeie gevalle waar studente uit die SPENS-platform geskop is gedurende die assessering, wat verdere tydverlies en onnodige stres veroorsaak het terwyl hulle weer moes aanmeld.

Ons voel verder dat die hoë studiekostes nie die huidige gehalte van onderrig en tegniese ondersteuning regverdig nie, veral wanneer probleme met internettoegang en tegniese funksionering tydens assesserings studente benadeel en hul akademiese prestasie negatief beïnvloed.

Share this petition

Help this petition get more signatures.

Paste the link into a message and send it to friends who might sign.

Scan to sign

Show this code to a friend: they point their phone camera at it and can sign right away.




Paid advertising

Petitions.nz will advertise this petition to 3,000 people.

Learn more...

Choose your budget
Payment method
PayPalGoogle PayApple PayCredit Card

Choose a payment method to continue.