ERASA - ONS SOEK ONS SPORT TERUG

KENNISNAME 

ONS SOEK ONS SPORT TERUG ERASA  

N ope brief aan die  Uithourit gemeenskap/ruiters ( die wese van die sport)   

ERASA President en ERASA raad  

Om n knie te buig in erkenning van onkonstitisionele besluite, nepotisme, manipulasie, blaam verskuiwings en dreigemente is die laaste spykers in die doodskis waarin ons sport homself bevind.  

Die resultaat spreek vanself ...  Ons sport is op ‘n plek waar geen besprekings meer oor perde en perdry gaan nie. Ruiters en bestuurslede wat aangekla word, ‘n sirkus van optredes van partye wat duidelik nie ‘n lojaliteit teenoor ERASA toon nie en dan laaste maar nie die minste nie ‘n federasie wat ‘n dreigende en onkonsekwente besturende strategie teenoor ons as DA toon.  

ERASA is lamgelê in n stryd van ‘n magdom reëls en wette, asook internationale standaarde wat ons sogenaamde hoogste vlak bied en eintlik ons sport vernietig en verpolitiseer deur magsbeheptheid.  

SAEF/FEI

Ons word volgens wet verplig word om aan ‘n federasie te behoort om in lyn met die nuwe Sportwet te wees, en dit word op ons afgedwing ondanks die betrokke federasie se bestuur wat vir jare onder verdenking is. ‘n Volatiele bestuurskameraderie wat met dreigemente regeer. Hoe op aarde kan ons ons sport toevertrou en oorgee aan so ‘n bestuur as ons President vrywillig dien en elke paar jaar verkies word? Dis ‘n naiewe gedagte om te dink dat hy deurdag die grondwet sal kan interpreteer en namens die lede sal kan optree. Net so verander raadslede ook gereeld.  

Die doel van internasionale reëls en internasionale standaarde was nog altyd om die standaard van die sport in ons land te verbeter. Maar ons kompetisie het inteendeel verswak as gevolg van dubbele reëls FEI/ERASA. ( As daar na uitslae gekyk word die afgelope paar jare, dan was die ERASA kompetisie dikwels die sterkste kompetisie.) FEI het die reg as internationale liggaam verbeur deur dit onbekostigbaar te maak om ritte aan te bied. ‘n Argument wat seker nou met die pandemie nog sterker sal staan. Wat maak ons anders as Australia en die VSA wat juis hulle profielritte onder Nasionale reëls hou? En so hulle sport behoue laat bly het.  

Ons sogenaamde hoogste profielrit, SAIC, was die afgelope paar jaar die hoof bespreking van onkonsekwentheid onder FEI veeartse op die lyn. Veeartse het gestreef na die sogenaamde “beter” standaard wat die FEI ster status hulle kan bied. Die resultaat was net groter verdeling van kompetisie asook verskille onder hulle self oor die interpretasie van die magdom reëls wat nie eers vir ons hoofsaaklik opgestel is nie.   

ERASA

Die identiteit van ERASA is reeds ‘n geruime tyd in gedrang a.g.v die sogenaamde strewe na die hoogste vlak. Die resultaat het die teendeel gebring. Dit is naief om te glo dat ons met al hierdie dinge ‘n gesonde sport kan beoefen.  

Huidiglik as (of moet ek eder sê wanneer, want dit gebeur nou bykans weekliks) iemand aangekla word bv. in die Weskaap, word die persoon verwys na die Unie se grondwet, die WCEF (Western Cape Equestrian Federation) se grondwet, ERASA se grondwet en SAEF se grondwet. En soms sommer na SASCOC se grondwet ook!    

Hierdie brief word geskryf as n ruiter wat die wantroue uitspreek teenoor die besluite en manier waarop ons sport bedryf word.  

Ons soek ons sport in wese weer terug. Ons is n handjie vol oor en vra dat:  

1.    Uithouritte gereguleer word deur ERASA,    sonder inmenging van SAEF  

2.    Een stel reëls van toepassing op alle ritte op nasionale vlak   

3.    Internasionale deelname met buurlande weer heronderhandel word. ERASA kleure soos wat vir baie jare voor FEI ingekom het, gedoen word.  

4.    Ons afsien van konstante dissiplinêre ondersoeke en begin perdry.  

MARIAAN LIVERSAGE   

KOM ONS NEEM ONS SPORT TERUG 🙏


BEKOMMERDE ERASA LEDE    Contact the author of the petition