PETISIE TEEN MUNISIPALE AFBAKENINGSRAAD SE VOORSTEL
Die Afbakeningsraad het met ‘n slinkse plan gekom om ‘n gedeelte van die Billy Duvenhage Natuurreservaat (Wildkamp) wat onwettig bewoon word deur nagenoeg 300 mense, nou in te lyf by Ga-Segonyana Wyk 1 (Kuruman Dorp) sodat die mense wat onwettig daar woon nou in Wyk 1 kan stem. Raadslid Braam van der Westhuizen van die DA het male sonder tal hierdie onwettige besetting van die Wildkamp opgeneem met die Munisipale Bestuurder en Dorpsbeplanner, maar hulle het versuim om aksie te neem om hierdie onwettige besetting te stop. Hierdie besluit van die Afbakeningsraad is polities gedrewe en is geografies onregverdigbaar. Hierdie gedeelte van die Wildkamp was voor hierdie voorgestelde wysiging deel van Wyk 2 (Bankhara Bodulong) gewees, en die mense wat onwettig in die Wildkamp woon verkry toegang tot hul wonings via Bankhara wat aangrensend is aan die Wildkamp. Ons, as inwoners van Wyk 1 sê tot hiertoe en nie verder nie. Ons verwerp hierdie voorstel van die Afbakeningsraad om hierdie gedeelte van die Wildkamp nou by Wyk 1 in te lyf. Braam van der Westhuizen, Wyksraadslid van Wyk 1, Ga-Segonyana is hier om u by te staan om hierdie voorstel van die Afbakeningsraad teen te staan. Kontak vir Braam vir enige navrae op 082 820 8046.
Henriette du Plessis Contact the author of the petition